Original Research

Kwaliteit van water wat aan wild in die Kalahari-gemsbok Nasionale Park voorsien word

H. van A. Dreyer
Koedoe | Vol 32, No 1 | a468 | DOI: https://doi.org/10.4102/koedoe.v32i1.468 | © 1989 H. van A. Dreyer | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 20 October 1989 | Published: 20 October 1989

About the author(s)

H. van A. Dreyer, Universiteit Stellenbosch, South Africa

Full Text:

PDF (3MB)

Abstract

Kwaliteit van boorgatwater in die Kalahari-gemsbok Nasionale Park wissel van vars (<5 dele per duisend totale opgeloste soute) tot hoogs gemineraliseerd (>10 dpd). Water in krippe waaruit wild drink, het altyd 'n swakker kwaliteit as die uit 'n boorgat of uit 'n dam. Die hoe konsentrasie van soute in kripwater, wat tot gevolg het dat die water van 'n groOt aantal waterpunte as ondrinkbaar vir vee geklassifiseer kan word, word veroorsaak deur volgehoue verdamping uit damme en krippe. Damwater word egter gereeld met "varser" water vanuit boorgate aangevul, maar 'n viotterklep verhoed dit by krippe. Die belangrikste minerale en ione wat in hoe konsentrasies in hierdie waters voorkom, is Na4', SO -, CF, en in enkele gevalle ook C^i++.

Keywords

Saliniteit, verdamping, varswater, waterkwaliteit, soutwater, Kalahari.

Metrics

Total abstract views: 4630
Total article views: 2959


Crossref Citations

No related citations found.